Gordhan het in Pretoria gesê werksgeleenthede sal deur só 'n stap beskerm word.
"Europa sal na raming $2 000 miljard benodig as sake skeefloop en die IMF moet regstaan om lande teen die ergste skade te beskerm sodat werkgeleenthede nie verlore gaan nie."
Gordhan was pas in Washington, waar hy die jaarvergaderings van die IMF en die Wêreldbank bygewoon het
"Die heersende siening in Washington is dat meer gedoen moet word om die lande, bekend as die sogenaamde "onskuldige buitestanders", teen die groterwordende uitwerking van 'n waarskynlike ekonomiese ineenstorting te ondersteun."
Hy het ook die Brics-lande geprys. "Die Brics-lidlande stem saam dat almal deel moet wees van die internasionale oplossing."
Gordhan het gesê hy hoop die privaatsektor benut die geleenthede wat die huidige ekonomiese klimaat skep om staatsbates oor te neem.
"In die vorige resessie was die siening dat die private sektor die grootskaalse staatsbeleggings mettertyd sal oorneem, maar dit het nog nie gebeur nie en die groot vraag is wanneer dit gaan gebeur."
Volgens Gordhan sit buitelandse en plaaslike maatskappye met aansienlike kontant-reserwes op hul balansstate wat hulle terughou omdat daar groot onsekerheid in die mark is.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





