Die Duitse minister van finansies Wolfgang Schäuble het gesê dit sou 'n dwaasheid wees om die EU se EFSF 'n hupstoot te gee deur die implementering van hefboom van tot € 2 triljoen, dmv die Europese Sentrale Bank.
"Ek verstaan nie hoe iemand in die Europese Kommissie so 'n onnosel idee kan huisves nie. Die resultaat sal wees om die AAA-skuldgradering van die ander lidlande in gevaar te stel. Dit maak nie sin nie," het hy gesê.
Mnr Schäuble het Washington aangeraai om sy eie sake in orde te kry nadat president Barack Obama EU-leiers gekritiseer het vir die versuim om banke te herkapitaliseer en die EU die skuld gegee het dat hulle die skuldkrisis laat eskaleer tot by die punt waar dit "die wêreld bangmaak".
"Dit is altyd baie makliker om advies te gee aan ander, as om vir jouself te besluit. Ek is goed voorberei om advies te gee aan die Amerikaanse regering," het hy gesê.
Die Amerikaanse tesouriesekretaris Tim Geithner is 'n sleutelfiguur van planne om die EFSF genoeg hefboomkrag te gee met Italië en Spanje wat, soos Griekeland, ook sukkel. Duitsland voel dat die privaatsektor in Griekeland ook moet bydra tot die oplossing.
Amerika is besig om geweldige druk op Duitsland te plaas. Die Amerikaanse Federale Reserweraad, dreig die Amerikaners, hou tans die Europese banke aan die gang op 'n verskeidenheid maniere, insluitende met dollar rentekoersruiltransaksies. Duitsland se weiering om gehoor te gee, kan onvoorspelbare gevolge inhou, meen hulle.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





