praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Phosa waarsku myne dat nasionalisering kom

Phosa waarsku myne dat nasionalisering kom

E-pos Afdruk PDF
Die kies van kante in die debat oor nasionalisering is vanwee die land se geskiedenis, nie gesond nie, het Mathews Phosa, die ANC se tesourier-generaal, Donderdag gesê.

"Ek sal standpunte deur die mynbedryf self verwelkom wat menings begin uitdruk oor waar die middelgrond in hierdie debat is," het hy gesê in 'n toespraak by die Exxaro Hulpbronne se uitvoerende sakenetwerkete in Johannesburg.

"Die ideale ooreenkoms... sal nie net verseker dat winsgewende maatskyppe soos julle s'n hul aktiwiteite verder uitbrei en werke skep nie, maar ook die wesenlike uitdagings aan die regering om nuwe werke te skep en in die proses verhoogde maatskaplike binding en sekuriteit aanspreek."

Persepsies oor nasionalisering moet bespreek word om gemeenskaplike grond te vind, het hy gesê.

Phosa het gesê hy verstaan dat mynmaatskappye 'n geintegreerde en stabiele ekonomiese beleid nodig het en daarom helderheid oor die uitkomste van nasionalisering vra.

Verskeie leiers in die ANC en die regering het dit reeds duidelik gemaak dat nasionalisering nie die regering se beleid is nie, het hy gesê.

Die ANC doen egter navorsing in verskeie lande oor die wêreld heen en sal wêreldwye ervarings met betrekking tot hierdie kwessie in ag neem.

Die party sal volgende jaar 'n verslag oor nasionalisering vrystel, het Phosa gesê.

"Ons, as die ANC, is oop tot kritiese insette en kreatiewe gedagtes oor hoe om hierdie proses beter te bestuur en uitkomste te verseker wat ons gemeenskaplike uitdagings beter sal aanspreek."


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: