Malema word gelys as een van 10 manne onder 40 "wie enorme invloed in Suid-Afrika se politieke en sakekringe uitoefen" skryf die tydskrif Forbes gister.
Ten spyte dat Malema die lys met die DRK se Joseph Kabila, die Suid-Afrikaanse IT-miljardêr Mark Shuttleworth, president van die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel-Amerika Euvin Naidoo, Standard Bank direkteur David Munro en Madagaskar se oorgangsvoorsitter Andry Rajoelina deel, sê Roberts dat sy voel Malema was nie uit plek uit in die geselskap van die ander manne op die lys nie.
"Hy het 'n behoefte by jong werklose [swart] Suid-Afrikaners raakgesien en daarmee sy profiel gebou, en hy doen dit op 'n baie vaardige manier," het sy gesê.
"My persepsie is dat die manier waarop hy homself aanbied vir die publiek wat hy lok, aanvaarbaar is.
"Hulle streef daarna om die dinge wat hy het, te bekom, te gaan na die plekke waarheen hy gaan en hulself aan te bied om die manier waarop hy dit doen," het sy bygevoeg.
Roberts het gevoel dat die Suid-Afrikaanse swart jeug hom as 'n figuur wat hulle kan volg beskou. "Dit gaan alles oor die strewe en die gevoel is dat, indien hy dit kan doen, hulle ook kan," het Roberts gesê.
Terwyl die tydskrif Malema as "verdelende en polariserende" figuur beskryf wat geneig is om "opruiende retoriek en rassistiese aanmerkings" te gebruik, maak sy rol in die uiteindelike verkiesing van Jacob Zuma, die ANC en die land se leierskap van hom 'n politieke krag.
"Die ANC-Jeugliga is 'n enorme krag in die Suid-Afrikaanse politiek, en het 'n sleutelrol in die verkiesing van die President Jacob Zuma gespeel tydens die 2009-presidensiële verkiesings."
| < Vorige | Volgende > |
|---|





