In 'n duidelike vewysing na die Nasionale Belastingbetalersunie onder leiding van mnr. Jaap Kelder, het die minister van finansies, Pravin Gordhan, gesê dit is "geheel en al onaanvaarbaar" vir belastingbetalersgroepe om te weier om hul plaaslike belastings te betaal en hul geld in trustrekenings te plaas.
"Dit is geheel en al onaanvaarbare gedrag," het Gordhan vandag aan die media gesê tydens die oorsig oor plaaslike regeringsbegrotings en -uitgawes.
"Dit is iets waaroor ons met die SAPRV (die SA plaaslikeregeringsvereniging) gesprek wil voer en duidelik die boodskap wil oordra dat indien 'n mens in Suid-Afrika woon en n Suid-Afrikaanse burger is, gebruik jy munisipale dienste - en jy moet daarvoor betaal."
"Gordhan het gesê die opkomende "neiging" wat deur beslatingbetalersgroepe getoon word was iets wat "baie sterk besprekings" vereis.
"Hierdie tipe nie-nakoming van die wet is glad nie aanvaarbaar nie."
Hy het gesê baie van die geskille wat belastingbetalersgroepe met hul munisipaliteite het, kan op "die Suid-Afrikaanse manier" opgelos word.
"Ons sit om 'n tafel, ons sê wat ons uitdagings is en ons vind praktiese oplossings daarvoor. Om spanning en antagonisme te skep, dra niks by nie."
Gordhan het gesê dat die Tesourie met die SAPRV en "groter munisipaliteite" sal saamwerk om meer besliste skuldinvorderingsprosedures in te stel en skuld af te skryf wat "oninvorderbaar" is.
Hy het gesê dat in die lig van die fiskale beperkings wat deur die regering in die gesig gestaar word, moet politieke en administratiewe leiers meer doen om "onbehoorlike" aankooppraktyke te verminder, asook bedrog en korrupsie.
"Daar is sonder twyfel heelwat meer wat op dié gebied gedoen kan word," het hy gesê.
Die Tesourie "sien uit" daarom met die ouditeur-generaal en die rekenmeester-generaal saam te werk om "strenger vereistes in te stel" en om beter samewerking van amptenare en politieke leiers te verkry ten einde te verseker dat belastingbetalers se geld nie sonder regverdiging "verkwis" word nie.
Munisipaliteite, het hy gesê, moet meer doen om te verseker dat hulle besluite neem om besteding van beter gehalte te bewerkstellig.
"Munisipaliteite moet daarop fokus om dienste te lewer, kapasiteit te bou, om ekonomiese infrastruktuur te bou, om die regte hoeveeheid kapitaal op infrastruktuur te bestee en om sowel infrastruktuur in stand te hou as om infrastruktuur te ontwikkel."
Hulle moet ook "van uitspattighede vergeet" soos om 'n "splinternuwe Mercedes of iets van die aard te koop".
"Dit sal 'n meer beduidende bedrae lewer om munisipaliteite in staat te stel om die Testourie in staat te stel om die spanninge en druk te hanteer van die baie onsekere ekonomiese omgewing waarin ons tans leef."
| < Vorige | Volgende > |
|---|





