Meer as 16-duisend Eskomwerkers maak gereed om te staak nadat loononderhandelinge vasgeval het. Die National Union of Mineworkers sê optogte is op koers as 'n opbou vir die staking.
Eskom het egter gesê die vakbonde moet eers arbitrasie deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie probeer voordat hulle staak.
'n Woordvoerder, Hillary Joffe, sê hulle gaan die finale salarisaanbod van sewe persent implementeer wat by die September-salaris gevoeg sal word.
Sy sê enige staking deur Eskomwerkers sal onbeskermd wees, omdat Eskom 'n noodsaaklike diens is. Die vakbonde Numsa en Solidariteit het ook Eskom se aanbod verwerp.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





