praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Grondwethof keur grondonteienings voor betaling goed

Grondwethof keur grondonteienings voor betaling goed

E-pos Afdruk PDF

Die grondwethof het gister beslis dat die regering grond mag onteien voordat 'n vergoedingsbedrag uitbetaal word.

In 'n eenparige uitspraak, het die regters gesê dit sal te swaar weeg vir die regering om altyd vooraf oor vergoeding ooreen te kom.

Regter Johan Froneman het die uitspraak gelewer.

"Ek bevind dienooreenkomstig dat artikel 25 2b van die Grondwet nie vereis dat die vergoedingsbedrag, asook die tydstip en betalingswyse altyd voor onteiening bepaal moet word nie," het hy gesê.

Hy het verklaar dat indien vergoeding na onteiening bepaal word, moet dit so gou as wat redelik moontlik is gedoen word.

Die uitspraak is gelewer rondom grond wat die departement van openbare werke in Kwazulu-Natal wil afneem.

Volgens die hof is daar genoeg "wetlike beskermingsmaatreëls" wat sal verseker dat mense se grond nie arbitrêr onteien sal word nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: