praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Rand daal bykans 10% teen dollar

Rand daal bykans 10% teen dollar

E-pos Afdruk PDF

Dollar-randkoerse oor die afgelope paar maande

Die Suid-Afrikaanse rand het die afgelope paar dae feitlik tien persent teen die Amerikaanse dollar gedaal; dít terwyl die dollar self onder druk teen ander geldeenhede verkeer. Teen die euro en veral die Switserse frank, wat tans as 'n toevlugseenheid gesien word, is die rand se daling nog meer dramaties.

Tans verhandel die rand teen R7,30 per dollar terwyl dit al 'n laagtepunt van R7,49 in na-uurse verhandeling gehaal het. Enkele dae gelede is die rand nog teen R6,67 per dollar gekwoteer.

Die daling in die rand kan aan die Malema-faktor, asook onstuimigheid in die internasionale markte toegeskryf word. Die voortslepende Amerikaanse skuldkrisis het 'n vermindering in die risiko-aptyt van beleggers tot gevolg gehad sodat minder likiede geldeenhede soos die rand tans onder druk verkeer. Hoewel veel groter en meer likied as die rand, het die Australiese dollar insgelyks skerp gedaal omdat dié geldeenheid tradisioneel aan die koerse van grondstowwe gekoppel word.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: