praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Nasionalisering gáán gebeur, sê Cosatu-ekonoom

Nasionalisering gáán gebeur, sê Cosatu-ekonoom

E-pos Afdruk PDF
Johannesburg - Nasionalisering gaan gebeur, dit is net die wyse waarop dit geïmplementeer sal word waaroor besluit moet word, het Cosatu Donderdag gesê.
"As jy sê sake-ondernemings het behoefte aan sekerheid om beleggings te maak ... Dan is (nasionalisering) die sekerheid wat jy nodig het; wat nou bespreek word, is die modelle daarvoor," het Cosatu se ekonoom Chris Malikane gesê tydens 'n debat oor nasionalisering.
Hy het gesê die taakspan wat deur die ANC op die been gebring is om nasionalisering te ondersoek, ondersoek nie die haalbaarheid van die beleid nie, maar ondersoek die mees geskikte model om te implementeer.
Cosatu het die ANC-jeugliga aangemoedig om nasionalisering stewig op die agenda te plaas, het hy gesê.
Malikane het gesê al die partye wat by die laaste nasionale uitvoerende komitee-vergadering van die ANC teenwoordig was, ondersteun nasionalisering.
As die ANC-taakspan bloot met 'n studie vorendag kom wat na die haalbaarheid van nasionalisering kyk, sou dit ronduit verwerp word, het hy gesê.
Nasionalisering verwys na staatseienaarskap van alle produksiemiddele, insluitend myne, banke en minerale rykdom. Vergoeding sal daarvoor betaal word, maar nie vir grond nie.
"Ons sal in die openbare belang vergoeding betaal, maar nie op 'n manier wat die Suid-Afrikaanse staat knou nie... daar moet' n balans wees."
Hy het gesê grond was 'n natuurlike bate wat deur die staat besit word en deur boere gebruik word, en dat geen vergoeding vir grond verskaf moet word nie.

Johannesburg - Nasionalisering gaan gebeur, dit is net die wyse waarop dit geïmplementeer sal word waaroor besluit moet word, het Cosatu Donderdag gesê.

"As jy sê sake-ondernemings het behoefte aan sekerheid om beleggings te maak ... Dan is (nasionalisering) die sekerheid wat jy nodig het; wat nou bespreek word, is die modelle daarvoor," het Cosatu se ekonoom Chris Malikane tydens 'n debat oor nasionalisering gesê.

Hy het gesê die taakspan wat deur die ANC op die been gebring is om nasionalisering te ondersoek, ondersoek nie die haalbaarheid van die beleid nie, maar ondersoek die mees geskikte model om dit te implementeer.

Cosatu het die ANC-jeugliga aangemoedig om nasionalisering stewig op die agenda te plaas, het hy gesê.

Malikane het gesê al die partye wat by die laaste nasionale uitvoerende komitee-vergadering van die ANC teenwoordig was, ondersteun nasionalisering.

As die ANC-taakspan bloot met 'n studie vorendag kom wat na die haalbaarheid van nasionalisering kyk, sou dit ronduit verwerp word, het hy gesê.

Nasionalisering verwys na staatseienaarskap van alle produksiemiddele, insluitend myne, banke en minerale rykdom. Vergoeding sal daarvoor betaal word, maar nie vir grond nie.

"Ons sal in die openbare belang vergoeding betaal, maar nie op 'n manier wat die Suid-Afrikaanse staat knou nie... daar moet 'n balans wees."

Hy het gesê grond was 'n natuurlike bate wat deur die staat besit word en deur boere gebruik word, en dat geen vergoeding vir grond verskaf moet word nie.

blog comments powered by Disqus

Verwante artikels: