praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Sake Wêreld wag in spanning op VSA se skuldoplossing

Wêreld wag in spanning op VSA se skuldoplossing

E-pos Afdruk PDF
Regerings en beleidmakers regoor die wêreld het gewaarsku dat die risiko van 'n finansiële ramp gaan realiseer indien Washington nie die Amerikaanse skuldplafon verhoog nie.

Terwyl die Amerikaanse Kongres aan die stry is om 'n ooreenkoms te bereik oor die skuldkwessie, het Britse en Japannese amptenare Sondag gesê 'n Amerikaanse mislukking gaan huishoudings regoor die wêreld seermaak.

"Die wêreld kyk na die Verenigde State kyk met huiwering, met angs, met kommer, maar ook met hoop," het die IMF se nuwe direkteur Christine Lagarde aan CNN gesê.

"Onstabiliteit is nooit 'n goeie idee nie, nooit 'n goeie idee nie, en hierdie vlak van onsekerheid, die onsekerheid wat oor Augustus 2 heers, het baie onstabiliteit gebring.," het sy bygevoeg.

Demokrate en Republikeine staar 'n Dinsdag-sperdatumooreenkoms in die gesig. Die Amerikaanse tesourie het gesê hulle gaan nie meer verder kan leen teen Dinsdag nie, hoewel ontleders sê daar is genoeg kontant om skuld te diens en rekeninge te betaal tot die middel van hierdie maand.

Die Duitse Sentrale Bank het die vertroue uitgespreek dat die Verenigde State van Amerika 'n krisis sal kan voorkom.

Die belangrike globale rol van die Amerikaanse dollar in banke en beurse beteken dat die finansiële markte die risiko van groot onstabiliteit in die gesig staar sonder 'n ooreenkoms.

In Tokio, het bronne wat vertroud is met Japan se internasionale en monetêre sake, Sondag gesê hulle is toenemend bekommerd dat die markte te optimisties kan wees oor die vooruitsigte vir 'n blywende oplossing vir die skuldkrisis.

Japannese amptenare hoop Washington kan 'n ooreenkoms bereik en indien dit onmoontlik is, voorkeur sal gee aan die internasionale rolspelers om die onmiddellike impak op markte te beperk, het die bronne gesê.

Maar Tokyo se kommer is dat as die krisis kan voortsleep sonder 'n duidelike langtermyn-oplossing, en markte op dieselfde manier kan ly as toe die Amerikaanse beleggingsbank Lehman Brothers in September 2008 ineengestort het.

Nog 'n Japannese bron het gesê, "Niemand het gedink Washington sal die Lehman-ineenstorting toelaat nie, maar kyk wat het gebeur."

"Indien daar nie regtig 'n oplossing is nie, ontstaan ​​die vraag: Wat gebeur dan?," het 'n Duitse Sentrale Bank-woordvoerder gesê. "Maar ek verwag ... daar sal 'n oplossing in die Verenigde State wees, vandag of in die komende dae."

China, wat ver oor die $1 triljoen se Amerikaanse staatseffekte hou, is erg onthuts. Saterdag het die amptelike People's Daily-koerant, die mondstuk van die Chinese Kommunistiese Party, die VSA se hantering van die skuldkrisis as "onverantwoordelik" en "immoreel" beskryf.

Daar word gesê die Amerikaanse demokratiese stelsel is te blameer vir die "klug," en dat "nie 'n enkele verteenwoordiger kennis geneem het van die wêreld daar buite, of selfs Amerikaanse nasionale belang nie".

Vrydag het 'n senior ekonomiese beleidmaker in die euro-sone, wat anoniem wil bly, sy verbasing en woede uitgespreek dat Amerikaanse politici mekaar op kinderagtige wyse sit en koggel in 'n saak van so belangrik is vir die globale ekonomie.

Eurosoneleiers sukkel self met skuldkrisisse in verskeie lande in die EU, 'n taak wat bemoeilik word deur die Amerikaanse skuldlas.

Sentrale banke regoor die wêreld staan ​​gereed om noodvoorrade van geld te voorsien aan die kommersiële banke in die geval van banke wat te senuweeagtig raak onder die huidige omstandighede om aan mekaar te leen.

'n Woordvoerder vir die Switserse Sentrale Bank het gesê: "Die Switserse Nasionale Bank is gereed om te reageer op enige markontwrigting."


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: