Die feit dat niks doeltreffend werk op hierdie kontant-arm eiland nie, is skaars nuus. Fidel se broer Raul, die land se president, het herhaaldelik dieselfde ding gesê. Maar dié erkenning deur die vader van Kuba se 1959-rewolusie het wenkbroue laat lig.
Jeffrey Goldberg, 'n nasionale korrespondent vir The Atlantic tydskrif, het gevra of Kuba se ekonomiese stelsel nog steeds die moeite werd is om uit te voer na ander lande, en Castro het geantwoord: "Die Kubaanse model het selfs vir ons nie gewerk nie." Goldberg het Woensdag daaroor berig op sy kletswerf.
Goldberg, wat verlede week na Kuba gereis het op Castro se uitnodiging om oor Iran se kernprogram te berig, het ook Dinsdag gesê dat Castro sy eie optrede tydens die 1962-Kubaanse krisis bevraagteken, insluitende sy aanbeveling aan die Sowjet-leiers om kernwapens teen die Verenigde State te gebruik.
Selfs na die val van die Sowjet-Unie, Kuba het sy kommunistiese stelsel behou.
Die staat beheer meer as 90 persent van die ekonomie en betaal werkers salarisse van sowat $20 per maand in ruil vir gratis gesondheidsorg en onderwys, en byna gratis vervoer en behuising. Ten minste 'n gedeelte van elke burger se voedselbehoeftes word deur middel van rantsoene teen swaar gesubsidieerde pryse verskaf.
Castro se onderhoud met Goldberg is die enigste een met 'n Amerikaanse joernalis sedert hy uitgetree het.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





