praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus See oor vyftig jaar leeg

See oor vyftig jaar leeg

E-pos Afdruk PDF

Terwyl daar jaarliks nog nuwe soorte koraal, visse en plante in die see ontdek word, meen die Antineastigting dat daar oor 50 jaar dalk nie meer ‘n enkele vis in die see sal swem nie.

Dit is nou as sake aangaan soos nou.

Die see bedek 75 persent van die aardoppervlak, en 80 persent van die lewensvorme kom daarin voor.

Oormatige visvangste, die “plastiese berg” in die see, die toename in nitrate en fosfate in die see, chemiese afvalstorting in die see en klimaatsverandering kan egter veroorsaak dat die see in ‘n algesop verander met ‘n klompie laer diersoorte. Selfs die windkragparke ter see wat nou, ironies ter wille van groen energie opgerig word, kan sekere vissoorte baie negatief raak as dit nie goed beplan en bestuur word nie.

Die navorsers wat dié ondersoek gedoen het is aan boord van die omgeboude Duitse maritieme seilboot, bekend as Fleur de Passion Anitnea. Die ondersoeke is op verskeie plekke gedoen, waaronder die Waddensee, ‘n Unesco-wêrelderfenisgebied.

Bron: Trouw


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: