Die totale getal buitelandse troepe wat tot dusver in die oorlog in Afganistan gestref het, het die 2000-merk oortref, volgens die icasualties.org-webtuiste.
'n Totaal van 2 002 lede van internasionale magte is dood sedert die inval van die land, wat deur Amerika gelei is in 2001.
Vanjaar staan die dodetal al op 434 buitelandse troepe. Die meeste in een jaar was 521, in 2009.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





