praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Friday, 10. February 2012

Bygewerk op:05:30:08 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Hip-Hop-sanger wil Haïti se nuwe president word

Hip-Hop-sanger wil Haïti se nuwe president word

E-pos Afdruk PDF
Wyclef Jean, voormalige lid van die Hip-Hop groep die Fugees, het Donderdag, 5 Augustus, bekendgemaak dat hy sal meeding as presidentskandidaat van Haïti, sy tuisland.

Die sanger het as gas van CNN se "Larry King Live" opgetree waar hy die gerugte bevestig het.

Hoewel jong mense in Haiti het met blydskap van Wyclef se kandidatuur verneem het, is die stap met agterdog begroet oor sy probleme met die Ontvanger in die VSA en met kwessies van die steel van geld uit sy eie liefdadigheidsorganisasie, Yele Haiti.

Die fondse was aanvanklik veronderstel om gebruik te word om sy landgenote na die onlangse vernietigende aarbewing te help. Die aardbewing het ten minste 60% van die land se infrastruktuur vernietig.

Wyclef Jean is in Haïti, in 1972 gebore. Op die ouderdom van nege het hy met sy gesin na die Verenigde State verhuis, waar hy grootgeword het.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: