Die organisasie Human Rights Watch (HRW) het 'n ondersoek gedoen wat aandui dat sowat 'n derde van die LRA se ontvoerings kinders is. Die rebelle ontvoer ook volwassenes.
Die kinders word gedwing om as kindersoldate of seksslawe te werk.
Volgens Anneke van Woudenberg, 'n senior navorser van dié organisasie, word kinders op 'n gewelddadige wyse van hulle families verwyder.
Sowat 255 mense is al gedood deur die rebellebeweging se kindersoldate.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





