Volgens die Verenigde Nasies se Kinderfonds (Unicef) is daar sedert die uitbraak in Mei vanjaar 2 000 gevalle van cholera aangemeld.
Dit is die ergste uitbraak van dié siekte sedert 2004.
Die vrees ontstaan dat dié uitbraak na buurlande soos Nigerië, Tsjad en die Sentraal-Afrikaanse Republiek kan versprei.
Waterbehandeling en mediese toerusting word deur Unicef aan families in die land voorsien.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





