Die advertensies vra hoekom die moskees juis daar gebou moet word en wys 'n beeld van 'n vliegtuig wat teen die World Trade Centre bots.
Dié beeld op die bus verwys na die aanvalle wat amper 3 000 mense se lewens geëis het.
Die advertensie sal op 26 van die stad se 6 300 busse verskyn, het Kevin Ortiz, woordvoerder van Metropolitan Transportation Authority (MTA), gesê.
Die omstrede veldtog is deur die groep Stop the Islamization of America (SIOA) geloods.
New York se Landmarks Preservation Commission het op 3 Augustus die projek goedgekeur dat 'n moskee en Islamitiese sentrum twee blokke van Ground Zero gebou mag word.
Ondersteuners, insluitende die New Yorkse burgemeester Michael Bloomberg, sê die Islamitiese sentrum sal 'n brug tussen die Weste en die Moslemwêreld bou.
Teenstanders beweer die projek sal die slagoffers van 9/11 beledig.
Volgens 'n onlangse meningspeiling is 53% van New Yorkse inwoners teen die projek gekant terwyl 34% dit goedkeur en 13% nie kan besluit nie.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





