Die aankondiging is gemaak terwyl dié olieryke land skenkings vra om elektrisiteit aan sy inwoners te kan verskaf.
Die maatskappy Dassault Aviation van Frankryk sal twee Falcon 7x vliegtuie verskaf terwyl Gulfstream Aerospace Corporation van die VSA 'n Gulfstream G550 aan die regering sal verkoop.
Dora Akunyili, minister van inligting, sê die kabinet het die aankoop Woensdag goedgekeur.
Pres. Goodluck Jonathan het Dinsdag beloof om R25 miljard te werf om voldoende elektrisiteit te verskaf, maar het nie baie besonderhede gegee oor waar die geld vandaan sal kom nie.
"Dit moet in die vorm van internasionale fondse asook deur buitelandse beleggers geskenk word," het Jonathan gesê.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





