praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Rusland gebuk onder graankrisis, droogte en wegholbrande

Rusland gebuk onder graankrisis, droogte en wegholbrande

E-pos Afdruk PDF
Drie krisisse tref Rusland tans gelyktydig: die hoogste temperature ooit aangeteken in 130 jaar van rekordhouding, die mees wydverspreide droogte in meer as drie dekades, en massiewe wegholbrande wat oor sewe streke, insluitend Moskou uitgebreek het.

Dié krisisse dreig om die koringoes in Rusland, wat een van die wêreld se grootste koringuitvoerders is, te vernietig. Rusland worstel soms met droogtes wat graanproduksie beïnvloed, 'n kommoditeit van kritieke belang vir Moskou se binnelandse en buitelandse beleid. Ten spyte van die erns van die hitte, droogte en veldbrande, sal die koringoes in Rusland se binnelandse aanvraag voorsien. Rusland sal ook gebruik maak van die situasie om sy bure saam te voeg in 'n graankartel.

Rook van die brande het Moskou byna vir 'n week reeds tot stilstand gedwing. Die grootste kommer is die uitwerking van die brande - en die aanhoudende hitte en droogte, wat 'n noodtoestand in 27 streke veroorsaak het - op Rusland se gewoonlik massiewe graanoes en uitvoere.

Rusland is een van die grootste graanprodusente en uitvoerders in die wêreld, wat gewoonlik sowat 100 miljoen ton koring per jaar produseer, of 10 persent van die totale wêrelduitvoer. Die land voer 20 persent van die totale oes na markte in Europa, die Midde-Ooste en Noord-Afrika uit.

Sikliese droogtes (en wegholbrande) beteken Russiese graanproduksievlakke wissel tussen 75 en 100 miljoen ton van jaar tot jaar. Die omvang van die droogte en veldbrande hierdie jaar het Russiese amptenare genoop om in 2010 die geskatte graanproduksie te hersien tot 65 miljoen ton. Maar Rusland het 24 000 000 ton se koring geberg - wat beteken dit is genoeg om gemaklik in hulle binnelandse vraag te voorsien (wat 75 miljoen ton), selfs as die droogte erger raak.

Rusland se graangebied lê in die Suid-Europese deel van die land, vanaf die Swart See in die noordelike Kaukasus tot Wes-Kazakhstan, en in die noorde tot teenaan Moskou. Dit is Rusland se mees vrugbare gebied, wat deur die Volgarivier ondersteun word.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: