'n Gedeelte van 'n voormalige Nazi-konsentrasiekamp in Majdanek in Pole is deur 'n brand verwoes.
Volgens amptenare het meer as helfte van die terrein afgebrand en is die skoene van sowat 10 000 slagoffers van die Joodse volksmoord ook vernietig.
Die direkteur van die Yad Vashem-museum in Israel, Avner Shalev, het sy spyt oor die brand uitgespreek.
"Die items en gebou wat vernietig is, was so 'n belangrike deel van Europa, Pole en die Joodse gemeenskap se geskiedenis," het hy gesê.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





