Katalonië is die tuiste van Barcelona, Spanje se tweede grootste stad.
Die parlement stem oor dié kwessie nadat diereregte-aktiviste 'n veldtog geloods het en 180 000 handtekeninge in Katalonië met 'n petisie ingesamel het.
Daar is onlangs aangedui dat 'n meerderheid van 135 wetgewers saamstem dat Katalonië se wet oor dierebeskerming verbeter word sodat bulle tydens die gevegte nie mishandel of doodgemaak word nie.
Indien dit goedgekeur word, sal Katalonië die eerste streek in die land, buite die Kanariese Eilande, word om bulgevegte te verbied.
Bulgevegte is in 1991 in die Kanariese Eilande onwettig verklaar.
Alhoewel die argumente wat die verbod ondersteun op dierebeskerming fokus, glo talle in die res van Spanje dat die behoefte om dit te verbied, verband hou met Katalonië se begeerte om hul eie identiteit te beklemtoon.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





