China het die VSA pas as die wêreld se grootste energieverbruiker verbygesteek, maar China ontken dit.
Volgens die Internasionale Energie-agentskap het die China in 2009 altesaam 0,4 % meer energie verbruik as die VSA.
Dié energie word uitgedruk as die ekwivalent aan 2 265 Amerikaanse biljoen ton olie, en dit is juis blykbaar waar China se beswaar vandaan kom.
China het in die jongste verlede groot moeite gedoen om sy beeld as voorste groen energie-ontwikkelaar te bevorder, en om nou by implikasie as 'n groot sondaar met koolstof-vrystellings voorgehou te word, gaan onlekker af.
Hoewel China meen die agentskap se inligting is foutief, is die syfer wat deur China self vrygestel is nie veel minder nie, naamlik 2 132 Amerikaanse biljoen ton olie. Die agentskap gogga hierdie syfer, omdat dit bykans identies dieselfde as die vorige jaar is, en ook nie met die BNP tred hou nie. China belê reuse bedrae in die ontwikkeling van swaar nywerhede.
Die Nederlandse Omgewingswaarderingsagentskap het reeds in 2007 aangekondig dat China die wêreld se voorste koolstofsondaar is, maar ook dit is deur China ontken.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





