"Sedert vanoggend gebruik 500 miljoen mense reg oor die wêreld Facebook om in kontak met hul vriende en ander te bly, " het Mark Zuckerberg, die stigter van die sosiale netwerk, gesê.
Volgens Zuckerberg is dit 'n belangrike mylpaal vir almal wat betrokke is en was daarby om Facebook reg oor die wêreld te bemark.
Facebook het ter viering hiervan 'n diens op hul netwerk bekendgestel wat mense toelaat om hul "merkwaardige stories van die hartroerende en interessante maniere wat hulle Facebook al in die verlede gebruik het", te vertel.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





