praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus SA-ambassadeur keer terug na Israel

SA-ambassadeur keer terug na Israel

E-pos Afdruk PDF

Suid-Afrika se ambassadeur in Israel, Ismail Coovadia, gaan na Tel Aviv terugkeer om sy ampspligte te hervat.

Coovadia is verlede maand deur die Suid-Afrikaanse regering teruggeroep nadat Israel 'n Turkse skip met aktiviste voorgekeer het. Nege mense is in die voorval wat wêreldwyd opspraak gemaak het, dood .

'n Woordvoerder vir die Departement van Internasionale Betrekkinge, Saul Molobi, sê 'n interne komitee se ondersoek na die voorval is afgehandel.

Hy sê hoewel die komitee dit eens was dat die Israelse weermag foute gemaak het, is daar nie op enige verdere optrede besluit nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: