As daar ‘n president is wat sy termyn as staatshoof aardskuddend begin het, is dit dié van die nuwe Chileense president, Sebastian Pinera.
Kort voor sy inhuldiging is die land deur ‘n skudding wat heelwat sterker was as dié wat in Haïti dood en verwoesting gesaai het, getref. Die episentrum van dié nuwe aardskudding, van 7,1 op die Richterskaal, was sowat 100 kilometer van die inhuldiging af.
Die aardskudding wat Haïti getref het, het 6 op die Richterskaal gemeet, presies tien keer so sterk as die skudding van 6 wat intussen ook dood en verwoesting in Turkye gesaai het.
Op 23 Februarie is Chili deur een van die ergste skuddings ooit getref, en meer as 500 mense het omgekom.
Op die foto hierby maak pres. Evo Morales van Bolivia en pres. Fernando Lugo van Paraguy grootoog toe hulle die aardbewing voel. Hulle was in Chili vir Pinera se inhuldiging.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





