Jy is hier: Nuus Internasionale nuus China stuur 2 vroue die ruimte in

China stuur 2 vroue die ruimte in

E-pos Afdruk PDF

China het vir die heel eerste keer tot hulle span van ruimtevaarders twee vroue toegevoeg wat in die toekoms op die land se ruimtemissies sal dien, het die plaaslike media berig.

Die twee vroue wat nie geïdentifiseer is nie, was beide vlieëniers in die Volkse Vryheidsleër-lugmag, het Zhang Jianqi, die voormalige adjunk-bevelvoerder van die land se ruimteprogramme, wat net uit mans bestaan het, gesê.

China het sy eerste groep van 14 ruimtevaarders in die negentigerjare gekies en het tot dusver slegs ses van dié groep die ruimte ingestuur.

China het die derde land geword wat ‘n man in 2003 na die ruimte gestuur het.

In September 2008 het China sy eerste ruimtereis geloods wat ‘n ruimtewandeling ingesluit het.

Zhang het gesê slegs getroude vroue kon gekies word, “omdat ons glo hulle is meer volwasse".

Hy het bygevoeg dat “vroulike ruimtevaarders sekere voordele geniet waaroor mans nie beskik nie”.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: