praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Sal die NAVO-inisiatief werklik kernwapens verminder?

Sal die NAVO-inisiatief werklik kernwapens verminder?

E-pos Afdruk PDF

NAVO se sekretaris-generaal Anders Fogh Rasmussen glo Rusland moet deelneem aan die Konvensionele Magteverdrag. KMV, in Europa.

Rasmussen wil dié kernsperinisiatief met 28 lede van die Alliansie bespreek. Die verdrag sal volgens NAVO die volume kernwapens in die wêreld verminder na wat aanvaarbare vlakke vir hedendaagse bedreigings is.

Die KMV is op 19 November 1990 in Parys onderteken tussen NAVO en die Warskou-pakt wat ondertussen ontbind is.

Dié dokument het die aantal wapen tussen die twee strydende blokke beperk na nie meer as 40,000 tenks, 60,000 gepantserde voertuie, 40,000 swaar artilllerie-eenhede, 13,600 vegvliegtuie en 4,000 aanvalshelikopters nie. Die getalle is daarna weer gedurende dieselfde dekade hersien.

Met die ontbinding van die Sowjet-Unie is 'n nuwe verdrag in 1992 onderteken wat Rusland beperk het tot 6,400 tenks, 11,480 pantsers, 6,415 artilleriestelsels, 3,450 vliegtuie and 890 helikopters.

Alhoewel Azerbaijan en Georgië die verdrag onderteken het, het Litoue, Letland en Estland dit nie bekragtig nie.

Intussen het Pole, Tsjeggië en Hongarye ook by NAVO aangesluit, ten spyte van beloftes dat NAVO nie oos sal uitbrei nie.

Dit het veranderinge in die KMV meegebring wat tydens 'n spitsberaad op 19 November 1999 in Turkye besleg is.

Daarmee het NAVO-lidlande se kwota wapentuig aansienlik toegeneem, terwyl Rusland s'n dieselfde gebly het.

NAVO-lede kon 19,096 tenks, 31,787 pantsers, 19,529 artilleriestelsels, 7,273 vliegtuie and 2,282 helikopters aanhou.

Dit is later verhoog toe Bulgarye, Roemenië, die Baltiese state en Slovenië by NAVO aangesluit het.

Die Baltiese state weier steeds om die KMV te bekragtig wat kan veroorsaak dat hulle as wapenstore kan gebruik word met onbeperkte wapentuig en dit binne 'n reikafstand van 500km van Moskou en slegs 200km van St Petersburg.

Die besluit van die VSA in 2007 om 'n missielafweerstelsel bykomend in Pole en Tsjeggië op te rig, het dus konsternasie in Rusland veroorsaak.

Dié verwikkelinge het Rusland in 2007 laat onttrek uit die KMV aangesien dit duidelik was dat sekere lede van die verdrag nie van plan was om daarby te hou nie.

Rusland het intussen 'n nuwe verdrag voorgestel, een wat meer ewewigtig is, maar dit is deur NAVO afgewys wat aandring op die ou ooreenkoms.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: