Goodluck Jonathan, waarnemende president van Nigerië het veiligheidsmagte op ‘n gereedheidsbasis geplaas nadat bendes ten minste 500 vroue en kinders naby die sentrale stad van Jos vermoor het.
Ooggetuies het beskryf hoe slagoffers Sondag in valstrikke en visnette gevang is. Hulle is toe deur hul aanvallers doodgekap in ‘n skynbaar beplande aanval.
“Sommige van die kinders was nog nie eens 'n jaar oud nie,” het ‘n beampte, wat anoniem wou bly, gesê.
Inwoners en plaaslike regsaktiviste blameer die aanvalle op Foelani-stam.
Vyf en negentig mense is reeds in verband met die voorval in hegtenis geneem.
In sekere gedeeltes van Jos geld ‘n aandklokreël steeds sedert aanvalle in Januarie geloods is.
Altesaam 326 mense is in dié aanvalle dood.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





