praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Olieroete deur terroriste bedreig

Olieroete deur terroriste bedreig

E-pos Afdruk PDF

’n Ongeïdentifiseerde terroristegroep beplan om olietenkskepe in die Straat van Malakka, een van die wêreld se besigste seestrate, aan te val, het die vloot van Singapoer en hul skeepvaartvereniging Donderdag gewaarsku.

Die Singapoer Skeepvaartvereniging het gesê hulle het ‘n waarskuwing van die vloot ontvang wat “dui op ‘n terroriste-aanval op olietenkskepe in die Straat van Malakka”, het ‘n adviseur gesê.

Die vloot het skeepsoperateurs gewaarsku dat militante moontlik kleiner vaartuie soos motorbote sal gebruik om olietenkers aan te val en is aangeraai om voorsorg te tref.

Veiligheidskenners het gesê die Straat van Malakka, wat grens aan Singapoer, Maleisië en Indonesië word deur terroriste geteiken, omdat meer as die helfte van die wêreld se olievragte daardeur beweeg.

“Die feit dat Singapoer se vloot die waarskuwing uitgereik het, behoort dit ernstig opgeneem te word,” het John Harrison, ‘n kuswagkenner gesê.

Die vloot het geen groep bekend gemaak nie, maar Harrison het gesê die Islamiyah-militantegroep in Suidoos-Asië of selfs Al-Kaida moet in gedagte gehou word.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: