praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Donderdag, 11. Maart 2010

Bygewerk op:08:28:58 PM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus VSA verander Vigsbeleid
Facebook Twitter Digg Delicious Stumbleupon Google Bookmarks RSS Feed 
KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS
Aantal kere gelees: 243

VSA verander Vigsbeleid

E-pos Afdruk PDF

'n Beleidsverandering in die VSA sal moontlik sommige dokters en aktiviste wat met MIV/Vigs-pasiënte in Afrika werk, sonder geld of medisyne laat.

President George W. Bush se PEPFAR-befondsingsbeleid vir MIV/Vigs op die kontinent het oorspronklik klem gelê op noodbehandeling en die verskaffing van medisyne aan pasiënte.

Onder dié beleid het Uganda byvoorbeeld tussen 2003 en 2008 ongeveer $929 miljoen (R7,2 miljard) ontvang. Die geld is gebruik om sowat 150 000 mense met anti-retrovirale middels te voorsien.

"George W. Bush is 'n held in hierdie land," het Peter Mugyenyi, die hoof van 'n Vigs-behandelingskliniek in Uganda, gesê.

Maar, alhoewel die PEPFAR-beleid toegang tot medisyne vergemaklik het, het nuwe MIV-infeksies toegeneem.

Toe die PEPFAR-beleid moes hernu word, het president Barack Obama dus besluit om eerder meer hulpbronne te rig op die voorkoming van nuwe infeksies.

Maar, met meer geld wat aan voorkomende inisiatiewe spandeer word, sal minder geld aan die behandeling van pasiënte spandeer moet word.

Alhoewel pasiënte wat reeds medisyne van PEPFAR ontvang het nog steeds verniet behandeling sal ontvang, is meeste klinieke voorberei daarop om nuwe pasiënte te moet wegwys.

Dokters en aktiviste soos Mugyenyi is hoogs ontsteld oor die beleidsverandering, en sê die VSA het hul beloftes teenoor Uganda verbreek.

"Die belangrikste ding is die beskikbaarheid van behandeling. Enige ander program, maak nie saak wat hulle dit noem nie, sal misluk."

Lynne McDermott, 'n PEPFAR-woordvoerder wat in Kampala gebasseer is, sê die VSA kan eenvoudig nie aanhou om 'n groeiende hoeveelheid pasiënte te behandel nie, en dat die land altyd 'n medisyne-tekort in die gesig sal staar tensy die hoeveelheid nuwe infeksies begin afneem.

Mugyenyi het gesê hy is besig om "paniekerig" te raak.

"Ons is op pad na 'n slagting. 'n Slagting wat vantevore gestop is," het hy gesê. "Daar is geen voorkomende program wat sonder behandeling suksesvol kan wees nie."




Verwante artikels:


KOMMENTAAR AANGEDRYF DEUR DISQUS