praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Mediawoelinge in Biskaje

Mediawoelinge in Biskaje

E-pos Afdruk PDF

Die selfegeringstatus wat die Baske na Franco se dood van Spanje verkry het, het nie alle probleme opgelos nie. Dit word goed deur die lot van twee koeante in hierdie gebied gedemonstreer.

Aan die een kant het die aanklaers nou, na sewe jaar gevra dat die vyf Baskiese joernaliste wat tereg staan dat hul koerant, Egunkaria, die Baskiese terreurgroep, ETA, gesteun het, nou vrygelaat word. Die aanklaers voer aan dat daar ‘n gebrek aan bewyse bestaan. Die koerant is sedert 2003 nie meer toegelaat om te verskyn nie.

Pas het ‘n vermeende ETA-bom by nog ‘n dagblad afgegaan, ‘n meter dik muur – juis versterk teen moontlike bomaanvalle - verwoes en ‘n deel van die gebou se dak het ook in die slag gebly. Hierdie koerant, El Correo (Die Koerier) verskyn in Spaans.

Verslaggewers sonder Grense het op beide insidente gereageer. Dié organisasie vra dat die regter die vyf joernaliste vryspreek en dat die koerant toegelaat word om weer te verskyn. Die uitgerekte verhoor en verdagings jaar na jaar was as onwaardig van ‘n lidland van die Europese Unie beskryf. Die vermeende ETA-aanval op El Correo is ook veroordeel.

Die Baskiese gebied – dit wil sê waar die Baskiese owerheid oor ‘n mate van selfregering beskik, bestaan uit die provinsies Biskaje, Alava en Guiposcua. Pogings om Biskaje op staatkundige gelyke voet met die res van Spanje te plaas en die reg op afskeiding word veral in Spanje teengestaan. Intern is die Baske ook nie volkome eendragtig nie. Die talle dialekte van Baskies en die teenwoordigheid van verskeie klein minderheidsgroepe in Baskiese gebied het Spaans in sekere opsigte, veral hoër onderrig, ‘n voorkeurtaal gemaak. Eers teen die einde van die 20ste eeu is ‘n gestandaardiseerde Baskies, Batue, ingevoer wat die taal volwaardige wetenskaplike uitdrukkingsvermoë gee. Dit sal na verwagting die status van Baskies by sy eie sprekers baie bevorder.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: