Die Franse regering het pas Franse burgerskap geweier aan 'n Marokkaanse immigrant wat sy vrou versluier hou.
Eric Besson, Franse minister van binnelandse sake, het in ’n dekreet verklaar dat die Marokkaan se onversetlike houding sekularisme, wat godsdiens en staat skei, en vroueregte misken.
'n Aanbeveling is reeds deur ’n parlementskomitee gedoen om die volle Moslemmondering vir vroue waar net die oë sigbaar is, uit staatsgeboue en openbare vervoer in Frankryk te verbied.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





