praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Bloedpaspoorte gaan deurslag gee

Bloedpaspoorte gaan deurslag gee

E-pos Afdruk PDF

Sportsterre wat nie positief vir verbode middels toets nie, maar wie se besonderhede op hul “bloedpaspoorte” te groot afwykings toon, kan deelname aan die volgende Olimpiese Spele ontsê word.

So altans, meen Jaques Rogge, voorsitter van die IOK.

“Ek kan die moontlikheid nie uitsluit nie,” is hy in die media aangehaal.

Die byhou van die bloedpaspoorte, meer algemeen as “biologiese paspoorte bekend, behels dat sportlui se bloed minstens ses keer per jaar geneem en ontleed word, en dat vier keer per jaar urinemonsters geneem word. Die gevolgtrekkings word dan in hierdie “paspoort” aangeteken, en as daar uitskieters op voorkom, is dit klaar met kees.

Die Duitse skaatser, Claudia Pechstein, is reeds op grond van uitskieters op haar biologiese paspoort geskors en deelname in Vancouver ontsê. Met die vorige twee winterspele het sewe deelnemers elk hul bloedtoetse gedruip.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: