praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Proefbuisburger reg vir Oktober

Proefbuisburger reg vir Oktober

E-pos Afdruk PDF
Die wêreld se eerste proefbuishamburger, in 'n Nederlandse laboratorium geskep deur groeiende spiervesels van beesstamselle, sal gereed wees om te braai in Oktober, glo wetenskaplikes.

"Ek is van plan om Heston Blumenthal [die bekende sjef] te vra om dit voor te berei," het Mark Post, leier van die kunsmatigevleisprojek by die Maastricht Universiteit in Nederland, in Vancouver aan die AAAS (American Association for the Advancement of Science) gesê.

Navorsers glo dat vleis wat in fabrieke gegroei word, eerder as op plase, 'n meer volhoubare en minder omgewingskadelike bron van voedsel sal wees. Lewende hawe soos beeste en varke is slegs 15 persent doeltreffend by die omskakeling van plantaardige proteïene na vleis, van die gras en graan wat hulle eet.

"As ons die doeltreffendheid kan verhoog vanaf 15 tot 50 persent deur die vleis in die laboratorium te kweek, sal dit 'n geweldige sprong vorentoe wees," het prof. Post gesê.

Met beesstamselle, het die Nederlandse navorsers spiervesels tot 3 cm lank en 0.5mm dik gekweek. Die vesels word geoefen soos hulle groei, net soos regte spiere, deur hulle te buig en te strek. Hulle voed op 'n sous van plantaardige proteïene en ander voedingstowwe, gelykstaande aan die gras- of graandieet van beeste.

Op die oomblik is die vesel 'n bleek geel-pienk kleur, eerder as die rooi van rou beesvleis, omdat hulle nie bloed bevat nie, maar prof Post beplan om hul voorkoms te verbeter.

Patrick Brown, 'n biochemie professor aan die Stanford Universiteit in Kalifornië, het by die AAAS-byeenkoms gesê dat die globale vleisverbruik na verwagting sal verdubbel teen 2050, en dat veeboerdery reeds verantwoordelik is vir 18 persent van mensgemaakte kweekhuisgasvrystellings en biodiversiteit wêreldwyd bedreig.

Om vet te verskaf, is ook 'n noodsaaklike element in die werklike burgers, en dus sal beesvetselle wat in die laboratorium gekweek word met die spiervesels ingemaal word.

"Ons het hierdie projek begin sowat ses jaar gelede, en ek verwag dit sal nog 10 tot 20 jaar duur voordat ons ons vleis sal kan massa-vervaardig," het prof. Post gesê.

'n Anonieme persoon het die projek gefinansier met €250 000. Hy sal verdere fondse bydra na die beplande burger van laboratorium-gegroeide spier in Oktober gebraai is.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: