Die Argentynse president, Cristina Kirchner, het aangekondig dat Argentinië by die Verenigde Nasies sal kla oor die Falkland-eilande, en beweer Brittanje militariseer die Suid-Atlantiese Oseaan in 'n toespraak in wat sy in Buenos Aires gelewer het.
"Die stuur van 'n aanvalsvaartuig onder begeleiding van koninklike erfgenaam dui op 'n militarisering van die Suid-Atlantiese Oseaan," het mev Kirchner gesê.
"Ons sal 'n klagte voor die Veiligheidsraad van die VN en die VN se Algemene Vergadering lê, want hierdie militarisering hou 'n ernstige gevaar in vir internasionale veiligheid."
Mev Kirchner het gesê die Falkland-eilande is nie alleen 'n "streeks-kwessie" nie, maar 'n "globale saak".
Tydens die toespraak waarin sy ook die stigting van 'n geestesinrigting vir Falkland-oorlogveterane aangekondig het, het mev Kirchner gesê: "Ek wil die premier van Engeland vra om vrede 'n kans te gee en 'nee' vir oorlog [te sê]."
Spanning het toegeneem tot die hoogste vlak sedert die einde van die konflik 30 jaar gelede toe die hertog van Cambridge, 'n Royal Air Force-helikoptervlieënier, 'n ses-weke-toer van diens in die eilande die naweek begin het.
Die Royal Navy het ook verlede week aangekondig dat hy sy mees kragtige oorlogskip, HMS Dauntless, na die Suid-Stille Oseaan sal stuur.
William Hague het Maandag op Sky News se Murnaghanprogram gesê dat planne vir die 30-jarige herdenking van die Falklandkonflik sal voortgaan.
Hy het gesê Brittanje ondersteun die eiland se selfbeskikking en sal Argentinië verhoed om "die diplomatieke temperatuur op te jaag" oor die kwessie.
Hague het by die geleentheid teruggekrabbel en gesê: "Die plan is nie eintlik vieringe nie maar 'n herdenking."
'n Oorlogskip sowel as Prins William in die Falkland-eilande is "heeltemal roetine", het die minister van buitelandse sake gesê.
Argentinië het die steun van sy buurlande ontvang vir sy eis van soewereiniteit oor die afgeleë, winderige eilande, wat in 1833 deur Brittanje beset is.
Die geskil wat tot 'n oorlog gelei het, het uitgebreek op 2 April 1981 toe Argentynse troepe beslag gelê het op die eilande, net om in 'n 74-dag oorlog wat die lewens van 649 Argentyne en 255 Britte geëis het, verslaan te word.
Diplomatieke wrywing tussen Argentinië en Brittanje het verskerp sedert 2010, toe die Britse regering olie-eksplorasie in die waters naby die eilande goedgekeur het.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





