Die Taliban, wat deur Pakistan gerugsteun word, sal weer beheer van Afganistan oorneem as Navo aan die land onttrek, sê die Amerikaanse weermag in 'n geheime verslag.
Dit dui op 'n grootskaalse mislukking van Westerse beleid ná 'n duur oorlog.
Lt.kol. Jimmie Cummings, woordvoerder van Navo se Internasionale Veiligheidsmag, het die dokument se bestaan bevestig.
Cummings het gesê dit is nie 'n strategiese studie nie, maar 'n "aantal menings deur Talibanse aangehoudenes."
Dit kan egter gesien word as 'n verdoemende uitspraak oor die oorlog, nou in sy 11de jaar en as die erkenning van 'n nederlaag.
Intussen het die Obama-administrasie agt senior leiers van die Senaat Dinsdag ingelig dat soveel as vyf Taliban gevangenes by die Amerikaanse aanhoudingsfasiliteit by Guantánamo, Kuba, na Katar oorgeplaas sal word.
Dit beteken in effek die vrylating van die vyf Talibanlede, aangesien die regering in Katar nie die vyf in die tronk sal hou nie.
Daar is bespiegelinge dat die vrylating vereis dat die Taliban afstand doen van internasionale geweld.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





