Indië het gesê hulle sal voortgaan om olie in te voer uit Iran, soos China wat weier om te buig voor die intensivering van Amerikaanse druk om nie sake te doen met Iran nie.
Indië doen tans sy dollarbetalings vir Iranse ru-olie deur 'n Turkse bank, 'n betaalroete wat gesluit kan word as Washington druk op die Perse wil laat oplaai.
"Daar is verskillende [betalings]opsies wat geëvalueer en bespreek word. Ook die roepee kan as 'n opsie oorweeg word," het die Reserwebank van Indië se adjunk-goewerneur HR Khan aan verslaggewers gesê.
Indiese amptenare sê die land kan deels betaal vir sy Iranse olie-invoere in roepees wat Iran dan kan gebruik om Indiese goedere te koop.
Maar, sê hulle, Iranse invoere van die Indiese goedere sou nie Nieu-Delhi se totale olie aankope dek nie.
Indië betaal Iran sowat $1 miljard per maand deur middel van Turkye vir die 370,000 vate ru-olie per dag, aangekoop van die wêreld se vierde grootste olieprodusent.
Khan het gesê daar was nog geen ontwrigting in die huidige betalingsreëlings nie.
Maar 'n senior regeringsamptenaar is aangehaal wat sê daar is aanduidings dat Turkye se staatsbeheerde Halkbank sal ophou met betalings namens van die Indiese maatskappye.
Die nuusagentskap wat dié bewerings gemaak het, het nie die naam van die amptenaar genoem nie.
Iran is Indië se tweede grootste olieverskaffer na Saoedi-Arabië, wat ongeveer 12 persent van die land se immerstygende ru-oliebehoeftes voorsien.
'n Indiese afvaardiging het Teheran vroeër hierdie maand besoek om betalingsopsies te bespreek.
Indië se minister van finansies P. Mukherjee het aan verslaggewers in Chicago die naweek gesê dat Nieu-Delhi nie sy petroleuminvoer uit Iran sal afskaal nie ten spyte van die VSA en die Europese sanksies teen die Islamitiese republiek.
"Ons sal nie invoer uit Iran verminder nie," het Mukherjee aan die einde van 'n twee-dag besoek aan die VSA gesê.
"Iran is 'n belangrike land vir Indië, ten spyte van Amerikaanse en Europese sanksies teen Iran.
"Dit is nie moontlik vir Indië om 'n besluit te neem om die invoer uit Iran drasties te verminder nie."
| < Vorige | Volgende > |
|---|





