praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Romney kry beskerming van Geheime Diens

Romney kry beskerming van Geheime Diens

E-pos Afdruk PDF

Mitt Romney het die deelstaat Florida voor sy Republikeinse teenstander Newt Gingrich weggeraap. Sy presidensiële veldtog is intussen in kennis gestel dat hulle nou die beskerming van die Geheime Diens sal geniet, sê bronne binne die party.

Die beskerming word aan die veldtog gebied, nie as gevolg van 'n spesifieke bedreiging nie, maar as gevolg van 'n toename in die skaregroottes volgens die bronne wat anoniem wou bly.

Volgens beamptes gebruik Romney 'n privaatveiligheiddiens van sy eie, en het hy nie die beskerming van die Geheime Diens aangevra nie. Sy veldtogbestuur is genader oor die bykomende beskerming in die weke wat na New Hampshire se primêre ronde gevolg het.

Die geheime diens is belas met die beskerming van presidensiële kandidate benewens die beskerming van president self. Sulke besluite word gemaak deur die departement van "Homeland Security", in oorleg met die kongresleierskap.

Amptenare van die veldtog en die Geheime Diens het geweier om kommentaar te lewer oor die besluit.

Romney is die enigste huidige Republikeinse kandidaat met die beskerming van die Geheime Diens.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: