praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Afrika wag in spanning

Afrika wag in spanning

E-pos Afdruk PDF
Die Afrika-Unie se nuwe voorsitter het moeilike uitdagings wat wag. Sondag het die VN-hoof Ban Ki-moon gewaarsku dat 'n woedende stryd tussen Soedan en Suid-Soedan plaaslike veiligheid bedreig.

Thomas Boni Yayi, die president van Benin, het beloof om te werk vir vrede gedurende sy termyn van 'n jaar as roterende voorsitter van 54 lande, maar konflik slaan oor die hele vasteland uit.

Ban het gesê beide die Soedanese president Omar al-Bashir en sy Suid-Soedanese eweknie Salva Kiir beskik nie oor die "politieke wil" om grens- en oliegeskille aan te pak nie, nadat die Suide in Julie afgestig het.

"Die situasie in Soedan en Suid-Soedan het 'n kritieke punt bereik, en dit hou 'n groot bedreiging vir vrede en veiligheid in die hele streek in," het Ban aan verslaggewers gesê.

Khartoem en Juba is haaks oor die pyplyntransitofooie om die Suide se olie na die hawe van Soedan te vervoer.

Spanning het ook gestyg oor die twee lande se bestrede grensgebied - wat sny deur olie-velde - asook bewerings oor rebellegroepe wat as kliënte van die onderskeie state optree.

"Die internasionale gemeenskap moet optree, en hulle moet nou optree," het Ban gesê. "Solank as wat hierdie kwessies steeds onopgelos is, kan spanning slegs toeneem."

Oorloggeteisterde Somalië, die geweld in Nigerië en die onluste in Senegal na aanleiding van 'n tagtigjarige president se vasberadenheid om te klou aan mag, sal na verwagting ook aangespreek moet word by die vergaderings in die Ethiopiese hoofstad.

Boni Yayi, wat by Ekwatoriaal-Guinee se president Teodoro Obiang Nguema oorgeneem het as AU-voorsitter, het gesê hy wil "verseker dat vrede terugkom na ons vasteland".

Boni Yayi, 'n ekonoom sal na verwagting niks omstrede doen in sy nuwe pos nie, 'n pos wat hoofsaaklik 'n seremoniële posisie is.

Daar is egter leiers wat gefokus is op die wedloop vir die blok se mees invloedryke pos, die hoof van die blok se uitvoerende arm, die AU-kommissie.

Terwyl die AU-voorsitterskap roteer tussen Afrika-leiers, en vir een jaar geld, is intense wedywering steeds aan die gang voor 'n stemmery Maandag om die kommissiehoof te kies.

'n Geheime stemming sal wys of Suid-Afrika se minister van binnelandse sake, Nkosazana Dlamini-Zuma sal oorneem by Jean Ping. Geen vrou het het nog die AU-kommissiepos gevul nie.

Suid-Afrika het Saterdag gesê hulle is optimisties dat Dlamini-Zuma, voormalige vrou van President Jacob Zuma, Gaboen se Ping, wat die eerste keer in 2008 verkies is, kan ontsetel.

Bronne naby Ping sê hy is vol vertroue dat sý herverkiesing sal slaag, want hy reken op die steun van die Franstalige Wes- en Sentraal-Afrika.

AU-leiers, wat in hul slanke nuwe hoofkwartier vergader, 'n $200 miljoen wolkekrabber met komplimente van die Chinese regering, is vir hul eerste beraad sedert die dood van die blok se stigter Moeammar Gadaffi, byeen.

Die post-verkiesingkrisis in die Ivoorkus, sowel as die Arabiese Lente het voorsitter Obiang opgesom as "eksterne magte" wat probeer om hul "invloed te perpetueer" in Afrika.

"Afrika moet nie onverskillig staan teenoor eksterne inmenging nie. Afrika moet nie bevraagteken word oor demokrasie, menseregte, bestuur en deursigtigheid in die openbare administrasie nie," het hy gesê.

Ban het gesê die Arabiese Lente is 'n "herinnering dat leiers moet luister na hul mense."

"Onderdrukking is 'n doodloopstraat. Polisiemag is nie die antwoord vir mense se soeke na waardigheid en geregtigheid nie," het hy gesê, en ook aandring dat Afrika-leiers gayregte moet respekteer.

Homoseksualiteit is onwettig in die meeste Afrika-lande.

Vorige kritiek het woede van Afrika-leiers ontlok, wat beweer dit is vreemd aan hulle kultuur.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: