praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Franse waterverslag laat Israel bloos

Franse waterverslag laat Israel bloos

E-pos Afdruk PDF

Israel is onkant gevang nadat die Franse parlement se buitelandse sake-komitee in 'n verslag gesê het Israel voer 'n "apartheidsbeleid" mbt die verspreiding van waterbronne in die Wes-Oewergebied.

Die Israeliese ambassade in Parys is nie oor die publikasie van die verslag ingelig nie en het twee weke later eers op die Franse parlement se webwerf uitgevind daarvan.

Die Israelse ministerie van buitelandse sake is na wat berig word onthuts oor die vrystelling en versuim deur hul eie amptenare om die verslag aan te meld.

Die verslag sê water word as 'n "wapen in diens van die nuwe apartheid" gebruik, omdat Tel Aviv doelbewus waterreservoirs in die Gasastrook in 2008-2009 gebombardeer het.

Die verslag het ook bygevoeg dat die Israeliese bewind "talle watersuiweringsfasiliteite wat deur die Palestynse waterministerie beplan word," probeer verhoed.

"Die 450 000 Israeliese setlaars op die Wes-Oewer gebruik meer water as die 2,3 miljoen Palestyne wat daar woon," het die verslag verklaar. "In tye van droogte, in stryd met die internasionale reg, kry die setlaars prioriteit vir die gebruik van water."

Die verslag sê "die skeidingsmuur wat gebou word deur Israel, sal hulle die toegang tot die ondergrondse waterbronne laat beheer" en "die vloei van water na die weste veroorsaak."

Die verslag is voorberei deur die voormalige Franse minister van landbou, Jean Glavany, wat onder die Franse president Lionel Jospin gedien het. Hy is deur die departement van buitelandse sake van die Franse parlement getaak om verslag te doen oor die geopolitieke impak van water in konflikgebiede oor die hele wêreld.

Glavany het die besette Palestynse gebiede en die Wes-Oewer in Mei 2011 besoek om sy verslag te skryf.



blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: