praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Die woord vir 2011: Vasvat

Die woord vir 2011: Vasvat

E-pos Afdruk PDF

Verslaggewers Sonder Grense het die woord "vasvat" [crackdown] as die woord van 2011 gekies.

Joernaliste wat protes regoor die wêreld gevolg het, is getoets soos nog nooit tevore nie.

Die Paryse mediavryheidgroep het gesê dat die vlaag van opstande in die Midde-Ooste, die Occupy-beweging in die Weste asook voortgesette protes in China het joernaliste in 'n ongeëwenaarde posisie geplaas in die bevordering van demokrasie. Maar hulle was ook dikwels geteiken deur regerings wat probeer het om verdeeldheid te onderdruk.

Die verhoogde onrus het gelei tot 'n beduidende opskudding van die groep se jaarlikse persvryheidsindeks, wat Woensdag vrygestel is. Die Verenigde State van Amerika, byvoorbeeld, het 27 plekke geval as gevolg van die arrestasies van joernaliste tydens die Occupy Wall Street-protes.

Tunisië, intussen, ​​het met 30 plekke gestyg in die nasleep van die suksesvolle revolusie daar, al bly die land laag op die indeks.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: