Katar het ingestem om sy samewerking te gee aan die Afrika-Unie en te help met die heropbou en ontwikkeling van Libië.
President Jacob Zuma het dit bekend gemaak aan die einde van sy daglange besoek aan dié Golfstaat. Katar is tans die voorsitter van die Arabiese Liga waarvan Libië 'n lid is.
Die organisasie van 22-lidlande het Libië se lidmaatskap in Februarie verlede jaar opgeskort weens Moeammar Gaddafi se optrede teenoor betogers. Libië se skorsing is egter intussen opgehef.
Zuma se besoek was ook daarop gemik om politieke en ekonomiese betrekkinge met Suid-Afrika te verstewig.
Katar is die sewende grootste verskaffer van ru-olie aan Suid-Afrika. Die handelsbalans tussen die twee lande word beraam op nege-miljard Amerikaanse dollar in Katar se guns.
Dié Libiese dorp was 'n vesting van die ontslape diktator.
Mahmoed Warfelli, 'n woordvoerder vir die dorp se plaaslike raad, sê die lojaliste het beheer geneem nadat hulle 'n aanval op 'n basis uitgevoer het.
"Hulle het beheer oorgeneem... in sommige distrikte, sommige belangrike distrikte in die middel van die stad," het hy gesê.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





