praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Oz-spioenasiehoof waarsku selfs teen 'blond met blou oë'

Oz-spioenasiehoof waarsku selfs teen 'blond met blou oë'

E-pos Afdruk PDF
Die hoof van Australië se binnelandse spioenasie-agentskap het gesê dat hy meer rekrute van nuwe immigrantegemeenskappe, veral onder die Moslems, soek, om die gevare van 'n aanval op eie bodem te bestry.

David Irvine, hoof van die Australiese Security Intelligence Organisation (ASIO), het gesê daar is 'n "regte en aanhoudende bedreiging" van 'n plaaslike ekstremistiese aanval, met 'n "kommerwekkende tendens van tuisgemaakte terrorisme."

Daar was drie groot aanvalle oor die afgelope dekade wat "die werk was van tuisgroepe, met min of geen direkte kontak met Al-Kaida of sy oorsese affiliasies nie", en 23 veroordelings vir ekstremistiese misdade wat afgeweer is.

Alhoewel simbolies, het Irvine gesê dat die dood die laaste jaar van Osama bin Laden en die Jemeens-Amerikaanse imam Anwar Al-Awlaki min gedoen het om die gevare te verminder, en die verdieping van bande met Australië se baie en diverse etniese groepe is die sleutel.

"ASIO moet meer mense van binne ons nuwe aankomelinge in immigrante-gemeenskappe werf," het Irvine gesê in 'n rare openbare toespraak Dinsdagaand in Sydney .

"Die behoefte bestaan dat ASIO nog beter moet uitreik na ons verskillende etniese gemeenskappe, veral Australiese Moslem-gemeenskappe."

Maar hy beklemtoon dat Islam nie die vyand is nie, en het gevra dat Australiërs hulself moet weerhou daarvan om sekere groepe as 'n geheel vir 'n "klein aantal buitestaanders of ontevredenes" onder hulle te blameer.

"My konstante boodskap aan ons gewaardeerde Islamitiese gemeenskap is baie eenvoudig:" ASIO is nie teen Islam nie, dit is teen terrorisme, teen terrorisme wat beide Moslems en nie-Moslems tegelyk dood," het Irvine gesê.

"Om ons gemeenskaplike doel van 'n veilige en harmonieuse gemeenskap te bereik, het ons nodig om met julle saam te werk."

Hy het die twee aanvalle in Noorweë deur die anti-Islamitiese Anders Behring Breivik aangehaal as 'n herinnering dat "die bedreiging vir ons mense uit verskillende rigtings kan kom, en in verskillende gedaantes - selfs van diegene wat blond is en blou oë het."

Die spioenasiehoof het toegegee dat dit "nie altyd maklik is" om vertroue te bou binne immigrantegroepe nie want "baie van hierdie gemeenskappe kom uit lande waar daar 'n goeie rede was om baie bang vir die intelligensie dienste te wees.".

"Uiteindelik egter kan baie potensiële terroristebedrywighede vermy word omdat ASIO en wetstoepassing in staat is om met die gemeenskappe saam te werk, op die basis van wedersydse vertroue en begrip," het Irvine gesê.

"'n Groot deel van ASIO se intelligensie kom van binne hierdie gemeenskappe."


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: