Self-opoffering is 'n taktiek van protes in die Midde-Ooste en Noord-Afrika sedert 'n groente-verkoper in Tunisië homself aan die brand gesteek in Desember 2010 om protes aan te teken teen polisie-teistering. Dié gebaar word allerweë beskou as die eerste vonk wat gelei het tot soortgelyke bewegings elders in die streek om die Arabiese lente aan te kondig.
Die Marokkane is deel van die "werklose gegradueerdes" beweging, 'n los versameling van verenigings regoor die land. Die betogings word dikwels met geweld deur die polisie onderdruk en in sommige dorpe en stede het dit gelei tot volgehoue botsings.
Terwyl die amptelike werkloosheidskoers slegs 9,1 persent nasionaal is, het dit gestyg tot sowat 16 persent vir gegradueerdes.
Ongeveer 160 lede van die beweging beset reeds 'n administratiewe gebou van die ministerie van Hoër Onderwys vir die afgelope twee weke in Rabat as deel van hulle protes. Ondersteuners het vir hulle bring kos gebring tot twee dae gelede toe veiligheidsmagte hulle gestop het.
"Die owerhede het hulle verhinder om kos en water te kry en toe het vyf mense na buite gegaan om kos te kry en gedreig om hulself aan die brand te steek indien hulle voorgekeer word," sê Youssef al-Rissouni van die Marokkaanse Vereniging vir Menseregte.
Van die drie wat gehospitaliseer is, is twee in 'n ernstige toestand, terwyl die ander twee het net hul klere geskroei het, het hy bygevoeg.
Video's van die voorval is op die internet versprei.
Marokkane het 'n nuwe Islamitiese regering in November gekies.
| < Vorige | Volgende > |
|---|





