praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Italië vier ook 'n held

Italië vier ook 'n held

E-pos Afdruk PDF
Die mees gehate man in Italië wat passasiers op sy noodlottige skip aan hul eie lot oorgelaat het, kaptein Schettino, is aan die kaak stel. Maar Italië vier ook 'n held: Kaptein De Falco.

Die dramatiese beelde van die omgeslane "Costa Concordia" het regoor die wêreld opslae gemaak. Gedurende die ramp het kaptein Francesco Schettino van die 290-meter skip gevlug, maar Italië se 'n nuwe held: Gregorio De Falco, het hom tot orde probeer roep.

Die 46-jaar-oue kaptein werk by die hawe-owerheid van Livorno en was aan diens toe die "Costa Concordia" by die Toskaanse eiland Giglio verongeluk het. Verontwaardig, het hy op die drosterkaptein geskree: "Gaan terug aan boord, verdomp!"

Sy aanhoudende gepleit dat Schettino nie die passasiers moet versaak nie, is op die radiokommunikasie wat intussen vrygestel is, vasgelê tesame met die afskuwelike antwoorde van Schettino soos: "Nee, ek is nie aan boord nie omdat die skip sink."

De Falco het onophoudelik die rampkoördinering behartig gedurende die ongeluk, en die reddingswerk gereël. Selfs sy twee klein dogters Maria Rosaria en Carla wou op 'n stadium huilend weet of hy nog steeds lewendig is en waar hy hom bevind.

De Falco het later glo gehuil van woede oor Schettino se onbesonnenheid.

"Hy het gehuil van woede," was die opskrif van die dagblad "La Repubblica" in Rome. Waarop De Falco geantwoord het: "Ja, ek het gehuil, maar ek dink nie dis 'n swakheid nie. Menslikheid is nie 'n swakheid nie."

De Falco kon nie sy woede teenoor Schettino verberg nie: "Gaan aan boord en vertel my hoeveel mense aan boord is - of hulle vroue, kinders en behoeftige mense is." Vloekend en dreigend het De Falco vanaf die hawe-owerheid probeer om Francesco Schettino tot sy pligte te roep.

Die hele Italië het sy heldedaad gevier: "De Falco vir President" en "Santo Subito" sê hulle op Twitter. De Falco is tans die beter gesig van Italië en Italianers.

Hy staan ​​vir 'n land wat die nakoming van reëls wil sien, en nie, met verwysing na die sake van die voormalige eerste minister Silvio Berlusconi, vir 'n piesangrepubliek of soos die Italianers sê, "bunga-bunga" nie.

Maar die land is ongelukkig nog steeds "vol Schettinos".


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: