praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Krakers verlam Israel

Krakers verlam Israel

E-pos Afdruk PDF
Die webtuistes van Israel se aandelebeurs en nasionale lugdiens, El-Al, is dié week deur pro-Palestynse kuberkrakers aangeval. Die groep "Nagmerrie", het toegeslaan 'n dag nadat die Islamitiese Hamas belowe het om 'n kuberoorlog teen die Joodse staat te verdiep.

Die onlangse aanval volg op 'n golf van soortgelyke kuberinbraakaanvalle waarin kredietkaartinligting van duisende Israeli's deur 'n kuberkraker vrygestel is. Die kraker het beweer dat hy 'n Saoedi is.

"Die penetrasie in die Israeliese webwerwe open 'n nuwe front vir elektroniese verset en oorlog teen die Israeliese besetting," het Hamas se segsman, Sami Aboe Zoehri, gister gesê.

Terwyl El-Al se webwerf kan glad nie kon laai nie, het die aandelebeurs se webtuistes slegs handelsyfers getoon, sonder die moontlikheid om enige ander aksie uit te voer.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: