praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Rusland waarsku teen inmenging in Sirië

Rusland waarsku teen inmenging in Sirië

E-pos Afdruk PDF
Rusland se minister van buitelandse sake het gewaarsku teen die VSA se militêre inmenging in Sirië en geëis dat wapenvoorrade aan die Siriese opposisie gestaak word.

Sergeï Lawrof het Woensdag gesê dat Rusland nie dit nodig geag het om 'n verduideliking te gee of verskonings aan te bied oor die vermoede dat 'n Russiese skip ten spyte van 'n ​​EU-wapenverbod, wapens na Sirië vervoer nie.

Lawrof het by 'n nuuskonferensie verklaar dat Rusland ten volle ten opsigte van die internasionale reg optree en nie gelei sal word deur eensydige sanksies wat opgelê word deur ander lande nie.

Die vragskip het verlede week sy aanvanklike roete verander na die Cipriotiese hawe van Limassol omdat dit laag op brandstof was, en het eers later by die Siriese hawe van Tartus aangedoen. Ciprus se amptenare, wat die vrag geïnspekteer het, het gesê dit dra wapens.

Lawrof wou nie sê watter vrag die skip gedra het nie.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: