praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Protes teen internetsensuur laai op

Protes teen internetsensuur laai op

E-pos Afdruk PDF

Internetprotes teen voorgestelde teen-roofkopie wetgewing in die VSA is besig om veld te wen.

Die teenkanting volg in reaksie op twee wetsontwerpe wat binnekort voor die Kongres sal dien.

Die twee wetsontwerpe, die Stop Online Piracy Act (Sopa) en die PROTECT IP Act (Pipa), is daarop gemik om die onwettige besit van intellektuele eiendom, soos musiek en rolprente, te bekamp.

Internetgebruikers oor die algemeen is bekommerd dat dié wette kan lei tot sensuur en inperking van vryheid van spraak.

Kritici van die wetgewing hou ook vol dat dit spraakvryheid sal beperk en inhoud-eienaars drakoniese magte sal gee om webtuistes te sluit wat met plagiaat verbind word.

Die stigter van Wikipedia, Jimmy Wales sê die wetgewing sal 'n skrikwekkende presedent skep vir Internetsensuur in die wêreld.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: