praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Panama: 14 voor na medisyneramp

Panama: 14 voor na medisyneramp

E-pos Afdruk PDF
Veertien mense sal aangekla word vir een van Panama se ergste onlangse nasionale tragedies: Besmette medisyne wat ten minste 282 mense gedood het in 2006, het die slagoffers se woordvoerder Dinsdag gesê.

"Die Tweede hoër hof het kriminele sake teen 14 mense vir misdade teen die openbare gesondheid, insluitende die vervalsing van dokumente, onwillekeurige manslag en persoonlike besering tydens die inname van 'n stroop wat vergiftig was, aanhangig gemaak," het die slagoffers se woordvoerder Gabriel Pascual aan AFP gesê.

Nog 13 mense is ten minste tydelik nog nie aangekla nie, het Pascual gesê en daarop gewys dat hy Dinsdag in kennis gestel is deur die Hof van Justisie se sekretaris Abilio Rudino.

Die datum vir die verhoor sal binnekort vasgestel word, het Pascual bygevoeg.

Die 2006-sterftes is veroorsaak ná Rasfer van Barcelona, Spanje, 2300 gelling (9000 liter) glycerine uit China ingevoer het, en dit daarna na Panama gestuur het, waar dit gebruik is om suikervrye stroop vir 'n ekspektorant te maak vir hoë bloeddruk en diabetes. Die medisyne is daarna dmv die openbare gesondheidstelsel versprei.

Die stroop was besmet met diethylene glycol, 'n industriële produk wat nie ontwerp is vir menslike verbruik nie.

Amptelik, het 282 mense gesterf agv die gebruik van die stroop. Pascual beweer dat daar meer as 1400 lêers oor individue bestaan wat gesterf het nadat hulle die medisyne ingeneem het. Hulle gevalle moet nog ondersoek word.


blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: