praag.co.za

Aktueel, aktief, Afrikaans

Thursday, 24. May 2012

Bygewerk op:05:37:06 AM GMT

Jy is hier: Nuus Internasionale nuus Ongemaklike vrede heers in Nigerië

Ongemaklike vrede heers in Nigerië

E-pos Afdruk PDF
Soldate is Maandag in die strate van Nigerië se stede ontplooi om die einde van die betogings in Afrika se mees bevolkte land te verseker.

Vakbondleiers beskou dit as 'n oorwinning vir arbeid, en sê die land se beleid oor brandstofsubsidies sal in die toekoms deur hulle optrede gelei word. Maar die nuwe ooreengekome prys van sowat $2,27 'n gelling is nog duurder as die vorige prys van $1,70 per gelling, en plaas steeds 'n las op die armstes wat min voordele van 'n groot olie-uitvoerder geniet.

Om die kompromie af te dwing en oplaaiende protes te stop, het pres. Jonathan beveel dat soldate vir die veiligheid in die land se groot stede sorg, iets wat onsigbaar gebly het sedert die land 'n militêre bewind vir 'n ongemaklike demokrasie in 1999 verruil het.

"Dit is 'n duidelike teken van onverdraagsaamheid en sluit die demokratiese ruimte van die mense van Nigerië, wat deur demokrate regoor die wêreld veroordeel sal word," lui 'n verklaring van die Red Nigerië Groep, wat in Lagos verlammende opstande gereël het.

Baie betogers het ook by die groeiende teenstand teen 'n kultuur van regeringskorrupsie in opstand gekom. Wetgewers in Nigerië verdien byvoorbeeld $1 miljoen 'n jaar en state het begrotings groter as naburige lande.

Onder die "hashtag"-slagspreuk van "Occupy Nigeria," het talle die sosiale media platform gebruik om die land se swak paaie en hospitale te midde van die uitspattighede van die land se elite te kritiseer.

Die regering het vroeër probeer om die volk te oorreed tot kalmte, en belowe om 'n geraamde $8 miljard 'n jaar vir openbare werke aan te wend. Dié skuif het nie die protes gekeer nie.

Die laaste twee dae het owerhede provocateurs gewaarsku teen saamtrekke om onrustigheid aan te hits; die land het 'n lang en ongelukkige geskiedenis van staatsgrepe.

"Dit het duidelik geword aan die regering en alle welmenende Nigeriërs dat ander belange protes teen die proses van implementering van deregulering gekaap het... Hierdie belangegroepe soek verdeeldheid, anargie en wil onsekerheid bevorder tot nadeel van die openbare vrede," het president Jonathan in 'n toespraak op die staatsbeheerde Nigeriese Televisie gesê.

Minstens 10 mense is dood en meer as 600 ander gewond tydens die pas afgelope stakings.

Soldate het groot paaie en padaansluitings oor die hele Lagos beset, waar 15 miljoen mense woon, asook Kano, Nigeria se tweede grootste stad.

Die soldate in Lagos het hulle aanvalsgewere oor hul skouers gedra, en voornemende oproermakers met bajonette geheg aan hul aanvalsgewere voorgekeer. Hulle het aan die betogers gesê om terug te gaan vanwaar hulle kom.

Hulle het skote in die lug afgevuur en traangas gebruik om die skare uiteen te jaag Geweerskote se eggo op een snelweg is gehoor.

Intussen het die owerhede in Lagos ook sommige van die buitelandse media geteiken. Beamptes van die Staatsveiligheidsraad, Nigerië se geheime polisie het Maandag 'n klopjag op 'n kantoor wat deur die BBC en CNN gebruik word uitgevoer, het getuies gesê. Marilyn Ogar, 'n veiligheidspolisie-woordvoerder, het gesê sy het geen inligting oor die optrede nie.

Nigerië is die vyfde grootste ru-olie verskaffer aan die VSA.

Chevronwoordvoerder Scott Walker het gesê 'n brand het vroeg Maandagoggend by een van hulle olie-installasies uitgebreek. Regeringsamptenare blameer die brand op 'n industriële ongeluk.

Chevron het nie dadelik sê wat die brand veroorsaak het nie. Nigerië se regering meen egter 'n "gas kick", 'n groot opbou van gasdruk in die boor, was verantwoordelik.



blog comments powered by Disqus



Verwante artikels: